Feeds:
Posts
Comments

Archive for December, 2015

diepe grond

Oudisies: Diepe Grond deur Reza de Wet

Aangebied deur Hottentots Holland Dramatic Society

Regie: Richard Higgs

Opvoering: 11-20 Februarie 2016

Repetises: Afhangend van beskikbaarheid van spelers.

Hierdie bekende toneel van Reza de Wet speel af op ‘n bouvallige plaas in die Vrystaat, tydens ‘n droogte. Deurdronge van troebele implikasies en sielkundige misdade, dit is nie vir die flou van hart nie. Dié gotiese verhaal handel oor ‘n broer (Frikkie) en suster (Soekie) wat onder in die vloer hul huis grawe met die welwillende waarneming van hie huisbediende (Ou Alina), tot die gruwel van ‘n onverwagte gas, Grové. Pleks van water is daar heelwat meer sinsistere gegewens wat opgegrawe word.

Karakters
Soekie – 30, ‘n kind-vrou. Haar opregte naïwe spontaneiteit gaan gepaard met ‘n ryp sensualiteit. Sy speel met pligsgetroue selfbewus eintlik 3 versillende persona’s: dié van haarself, dié van ‘n sesjarige dogtertjie, en dié van ‘n streng ma.
Frikkie – 25,  waaksaam en gevaarlik roofdieragtig, maar nes Soekie is hy ook veelsydig, en kan ‘n lomp en onsekere jong seun wees, volgens die konteks.
Ou Alina – +/- 60, die plaasbediende.  Sy straal ‘n byna magiese krag uit en wanneer sy op die verhoog verskyn, het sy ‘n oorheersende teenwoordigheid.
Grové – 40+, ‘n prokureur uit Bloemfontein. Pynlik netjies en korrek, word al effens bles en is bleek van aangesig.

LW: Die akteurs wat Soekie, Frikkie en Grové speel moet gemaklik wees op ‘n verhoog in hul onderklere, asook met intieme fisiese kontak met mekaar.  Die spelers moet ‘n oortuigende Vrystaat-aksent kan voordra.

Verdere inligting: Richard: 083 611 1419, of richard.higgs@uct.ac.za

Advertisements

Read Full Post »